ROMEINE 2:20
ROMEINE 2:20 Bybel vir almal (ABA)
Jy dink jy is soos iemand wat vir mense leer, mense wat niks verstaan nie. Jy dink jy is soos 'n onderwyser wat vir kindertjies leer. Jy dink dat alles wat 'n mens moet weet in God se wette is en dat al die waarheid in die wette is, en jy hét daardie wette.
ROMEINE 2:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n opvoeder van onverstandiges, 'n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het
ROMEINE 2:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n leermeester van dié wat onkundig is, 'n onderwyser van dié wat niks weet nie, omdat die wet vir jou die samevatting is van kennis en waarheid
ROMEINE 2:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n leermeester vir die onkundiges, 'n onderwyser vir klein kindertjies, omdat jy in die wet die beliggaming van kennis en waarheid het.
ROMEINE 2:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Leermeester van die dwase, 'n leraar van kindertjies, wat die gedaante van kennis en waarheid in die wet het.