ROMEINE 2:16 - Compare All Versions
ROMEINE 2:16 ABA (Bybel vir almal)
Dit sal gebeur op daardie dag wanneer God vir Christus Jesus sê dat Hy moet kyk na al die slegte dinge wat mense gedink het, en dat Hy hulle moet oordeel. Dit is wat die goeie boodskap sê, die boodskap wat ek preek.
ROMEINE 2:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.
ROMEINE 2:16 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dit sal aan die lig kom op die dag wanneer God deur Christus Jesus oor die verborge dinge van die mense sal oordeel, ooreenkomstig die evangelie wat ek verkondig.
ROMEINE 2:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
op die dag wanneer God die verborge dinge van die mens, volgens my evangelie, deur •Christus Jesus sal oordeel.
ROMEINE 2:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In die dag wanneer God die geheime van die mense deur Jesus Christus sal oordeel volgens my evangelie.
ROMEINE 2:16 DB (Die Boodskap)
Op die laaste dag wanneer God sy finale uitspraak gee oor die diepste geheime in ons elkeen se lewe, sal almal kan sien dat hierdie mense ook gedoen het wat Hy vra. Hierdie goeie nuus wat ek met julle deel, het ek van Christus Jesus ontvang.
ROMEINE 2:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
So sal dit ook wees op die oordeelsdag wanneer God, deur Jesus Christus, sal oordeel oor die verborge dieptes van ons lewe. Dít is deel van die Goeie Nuus wat ek verkondig.