ROMEINE 16:23
ROMEINE 16:23 Bybel vir almal (ABA)
Ek bly by Gaius. Hy stuur groete vir julle. Die hele gemeente wat in sy huis bymekaarkom, stuur ook groete vir julle. Erastus werk met die stad se geld. Hy en ons vriend Kwartus stuur groete vir julle.
ROMEINE 16:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gajus, my gasheer en ook van die hele gemeente, groet julle. Erástus, die penningmeester van die stad, en die broeder Quartus groet julle.
ROMEINE 16:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gaius, my gasheer en ook gasheer van die hele gemeente hier, stuur ook groete. En dan ook nog groete van Erastus die stadstesourier, en van broer Kwartus.
ROMEINE 16:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gaius, my en die hele gemeente se gasheer, groet julle. Erastus, die stadstesourier, groet julle, ook die broer Kwartus.
ROMEINE 16:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gajus, my leër en van die hele gemeente, groet julle. Erastus, die kamerheer van die stad, groet julle, en Quartus 'n broer.