ROMEINE 16:17
ROMEINE 16:17 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ek vra mooi vir julle: Julle moet oppas vir die mense wat julle laat stry en sonde laat doen. Dit is nie wat julle geleer het nie. Julle moet hulle los.
ROMEINE 16:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.
ROMEINE 16:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek druk julle dit op die hart, broers: Pas op vir dié wat verdeeldheid veroorsaak en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af.
ROMEINE 16:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek doen 'n beroep op julle, broers, om mense in die oog te hou wat verdeeldheid en struikelblokke veroorsaak, in stryd met die leer waarin julle onderrig is. Bly weg van hulle af.
ROMEINE 16:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek smeek julle nou, broeders, let op die wat verdeeldheid en aanstoot veroorsaak in stryd met die leerstelling wat julle geleer het; en vermy hulle.