ROMEINE 14:8
ROMEINE 14:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As ons leef, leef ons mos vir die Here, en as ons sterf, sterf ons vir Hom. Of ons dan lewe of sterwe, ons is volkome sy eiendom.
ROMEINE 14:8 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer ons lewe, dan lewe ons om die Here te dien. En wanneer ons sterf, dan sterf ons om die Here te dien. Ja, wanneer ons lewe, dan behoort ons aan die Here, en wanneer ons sterf, dan behoort ons aan die Here.
ROMEINE 14:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
ROMEINE 14:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
ROMEINE 14:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ons leef, leef ons immers vir die Here; en as ons sterf, sterf ons vir die Here. Of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here.
ROMEINE 14:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want of ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en of ons sterwe, ons sterwe tot eer van die Here; of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here.