ROMEINE 14:3
ROMEINE 14:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die een wat eet, moenie neersien op die een wat nie eet nie; en die een wat nie eet nie, moet die een wat wel eet, nie veroordeel nie – want God het hom aanvaar.
ROMEINE 14:3 Bybel vir almal (ABA)
Die gelowiges wat alles eet, moenie dink dat die ander gelowiges nie belangrik is nie, die gelowiges wat nie alles eet nie. Die gelowiges wat nie alles eet nie, moenie sê die gelowiges wat alles eet, doen verkeerd nie, want God het die gelowiges wat alles eet, ook aanvaar.
ROMEINE 14:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.
ROMEINE 14:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die een wat alles eet, moet die ander wat net groente eet, nie verag nie; en die een wat net groente eet, moet die ander wat alles eet, nie veroordeel nie, want God het hom aangeneem.
ROMEINE 14:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat hy wat eet hom wat nie eet nie verag nie; en laat hom wat nie eet nie, hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.