ROMEINE 14:13
ROMEINE 14:13 Bybel vir almal (ABA)
Die gelowiges wat 'n sterk geloof het, moet ophou sê die gelowiges wat 'n swak geloof het, doen verkeerd. En die gelowiges wat 'n swak geloof het, moet ophou sê die gelowiges wat 'n sterk geloof het, doen verkeerd. Ons moet besluit om nie dinge te doen wat ander gelowiges sonde laat doen of wat hulle laat ophou glo nie.
ROMEINE 14:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
LAAT ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder 'n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.
ROMEINE 14:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot 'n val kan bring nie.
ROMEINE 14:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, kom ons veroordeel mekaar nie meer nie. Maak dit eerder julle voorneme om nie vir julle broer 'n rede tot aanstoot of struikeling te verskaf nie.
ROMEINE 14:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat ons mekaar dan nie meer oordeel nie, maar oordeel dit liewer, dat niemand 'n struikelblok of 'n geleentheid in die pad van sy broer plaas nie.