ROMEINE 14:10,12
ROMEINE 14:10 Bybel vir almal (ABA)
Jy moenie sê die ander gelowiges doen verkeerd nie. En jy moenie dink die ander gelowiges is onbelangrik nie. Jy moet onthou: God sal ons almal eendag oordeel wanneer ons voor sy regterstoel staan.
Romeine 14:12 Bybel vir almal (ABA)
Dit beteken: Elkeen van ons sal self vir God moet antwoord oor alles wat ons gedoen het.
ROMEINE 14:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.
ROMEINE 14:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
ROMEINE 14:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn
ROMEINE 14:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.
ROMEINE 14:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy, waarom veroordeel jy jou broer? Of jy, waarom sien jy op jou broer neer? Ons gaan tog almal voor God se regterstoel verskyn.
Romeine 14:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elkeen van ons sal dus persoonlik voor God verantwoording moet doen.
ROMEINE 14:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar waarom oordeel jy jou broer? of waarom verag jy jou broer? want ons sal almal voor die regterstoel van Christus staan.
Romeine Romeine 14:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So moet elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
ROMEINE 14:10 Die Boodskap (DB)
Waarom veroordeel jy dan nog jou broer in die Here? En waarom verag jy jou suster in die Here? Dit is nie jou werk om regter oor ander gelowiges te speel nie. God sal dit doen wanneer ons almal eendag voor Hom staan.
Romeine 14:12 Die Boodskap (DB)
Sorg daarom dat jou eie saak reg is wanneer jy die dag voor God se troon moet gaan staan. Want jy sal op daardie dag net verslag oor jou eie lewe aan Hom moet doen.