Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

ROMEINE 13:5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ROMEINE 13:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarom moet jy jou onderwerp, nie net omdat jy vir straf bang is nie, maar ook omdat dit 'n gewetensaak is.

ROMEINE 13:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.

ROMEINE 13:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Om saam te vat: wees aan die regering gehoorsaam en wel om twee redes: nie net om straf te vermy nie, maar ook ter wille van ’n skoon gewete.

ROMEINE 13:5 DB (Die Boodskap)

Jy moet egter nie net na die owerhede luister omdat jy bang is dat jy gestraf sal word as jy verkeerd doen nie. Nee, jy moet ook na hulle luister omdat jy weet dat God dit van jou vra.

ROMEINE 13:5 ABA (Bybel vir almal)

Daarom moet jy gehoorsaam wees aan die regering. Jy moet gehoorsaam wees omdat jy bang is dat die regering jou sal straf, maar jy moet ook gehoorsaam wees omdat jy self weet dit is die regte ding om te doen.

ROMEINE 13:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dit is dus noodsaaklik om onderdanig te wees, nie net uit vrees vir die straf nie, maar ook ter wille van jou gewete.

ROMEINE 13:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Daarom moet julle onderdanig wees, nie net ter wille van die toorn nie, maar ook ter wille van die gewete.