ROMEINE 13:5
ROMEINE 13:5 Bybel vir almal (ABA)
Daarom moet jy gehoorsaam wees aan die regering. Jy moet gehoorsaam wees omdat jy bang is dat die regering jou sal straf, maar jy moet ook gehoorsaam wees omdat jy self weet dit is die regte ding om te doen.
ROMEINE 13:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.
ROMEINE 13:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom moet jy jou onderwerp, nie net omdat jy vir straf bang is nie, maar ook omdat dit 'n gewetensaak is.
ROMEINE 13:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is dus noodsaaklik om onderdanig te wees, nie net uit vrees vir die straf nie, maar ook ter wille van jou gewete.
ROMEINE 13:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom moet julle onderdanig wees, nie net ter wille van die toorn nie, maar ook ter wille van die gewete.