Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ROMEINE 11:9 – Vergelyk alle weergawes

ROMEINE 11:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

En Dawid sê: “Mag hulle maaltye vir hulle 'n vangstrik en 'n val word en 'n struikelblok en 'n straf.

ROMEINE 11:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees 'n vangnet en 'n strik en 'n struikelblok en 'n vergelding.

ROMEINE 11:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En Dawid het hieroor die volgende gesê: “Mag hulle feesmaaltye vir hulle ’n gevaarlike valstrik word, ’n struikelblok en ’n straf.

ROMEINE 11:9 DB (Die Boodskap)

Dawid sê dieselfde in een van die psalms: “Mag hulle feesmaaltye hulle dodelik siek maak. Mag hulle in ’n lokval gelei word en in groot moeilikheid beland.

ROMEINE 11:9 ABA (Bybel vir almal)

En Dawid sê in die Ou Testament: U moet hulle straf daar by hulle offer-etes, U moet hulle laat val soos voëls in vangnette val. Hulle moet val en seerkry, U moet hulle straf.

ROMEINE 11:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En Dawid sê: “Laat hulle etenstafel 'n valstrik en 'n vangnet word, 'n struikelblok en 'n vergelding vir hulle.

ROMEINE 11:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe sê Dawid: Laat hulle tafel vir hulle 'n strik en 'n strik en 'n struikelblok en 'n vergelding word.