Slaan direk na inhoud oor

ROMEINE 11:17 – Vergelyk alle weergawes

ROMEINE 11:17 AFR83 (Afrikaans 1983)

Party van die takke is uitgekap en jy, 'n wilde olyf, is tussen die ander takke op die mak olyf geënt. So het jy deel gekry aan die lewensap van die mak olyf se wortel.

ROMEINE 11:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom

ROMEINE 11:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Party van die takke van hierdie boom – van die Joodse takke – is uitgekap en jy, die wilde olyf, is op die mak boom geënt. So deel jy ook nou in die lewensap wat van die mak olyf se onderstam af opstoot.

ROMEINE 11:17 DB (Die Boodskap)

Maar party van hierdie olyfboom se takke is intussen afgebreek. Dit is al daardie Israeliete wat nie na God wou luister nie. In hulle plek is jy wat nie ’n Israeliet is nie soos ’n wildeolyf tussen die takke van die olyfboom ingeënt. Op dié manier kon jy deel in die wortel se lewenskrag. God se genade en sy liefde het ook na jou toe gevloei.

ROMEINE 11:17 ABA (Bybel vir almal)

God het die Israeliete gelos en Hy red julle wat heidene is. Dit is soos wanneer iemand takke van 'n mak olyfboom afbreek en dan takke van 'n wilde olyfboom inent op die mak olyfboom. Dan groei daardie wilde takke aan die mak olyfboom en hulle kry ook van die boom se wortel al die kos wat hulle nodig het.

ROMEINE 11:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En as 'n aantal van die takke van die mak olyfboom uitgebreek is, en jy, die wilde olyf, tussen die takke ingeënt is, en so aan die voedingskrag van die mak olyfboom se wortel deel gekry het

ROMEINE 11:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En as sommige van die takke afgebreek word, en jy, wat 'n wilde olyfboom was, tussen hulle ingeënt is en saam met hulle deel het aan die wortel en vet van die olyfboom