ROMEINE 11:11
ROMEINE 11:11 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het sonde gedoen toe hulle nie in Christus geglo het nie. Nou vra ek: Is hulle heeltemal verlore? Nee, nooit nie! Die Israeliete het sonde gedoen, maar omdat hulle sonde gedoen het, het God die heidene gered. Hy het dit gedoen sodat die Israeliete jaloers kan word.
ROMEINE 11:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.
ROMEINE 11:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Ander vraag is: Het Israel se struikeling hulle finale val beteken? Beslis nie! Maar deur hulle val het die redding na die heidennasies toe gekom om die Jode jaloers te maak.
ROMEINE 11:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek vra verder: “Hulle het tog seker nie gestruikel, net sodat hulle tot 'n val sou kom nie?” Hoegenaamd nie! Inteendeel, deur hulle val het die verlossing na die nie-Jode gekom om hulle jaloers te maak.
ROMEINE 11:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sê dan: Het hulle gestruikel om te val? God verhoed dit, maar liewer deur hulle val het verlossing tot die heidene gekom om hulle tot ywer te verwek.
ROMEINE 11:11 Die Boodskap (DB)
Is Israel se kans by God vir altyd verby? Beteken hulle val die einde van God se pad met hulle? Nee, natuurlik nie. Ironies genoeg het Israel se val vir ander volke die kans gebied om God se redding te smaak. Dit moet Israel sommer groen van jaloesie maak. As hulle sien hoe mense uit ander volke nou God se goedheid geniet, moet hulle hulle begin afvra of hulle nie die ware lewe misloop nie.
ROMEINE 11:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sou verder kon vra: Israel se struikeling beteken tog seker nie dat hulle tot ’n finale val gekom het nie? Sekerlik nie! God se plan was om deur Israel se val die verlossing vir die nie-Joodse nasies beskikbaar te maak sodat hulle weer op hulle beurt vir Israel jaloers kan maak.