ROMEINE 11:1 – Vergelyk alle weergawes
ROMEINE 11:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Het God dan nie tog sy volk verstoot nie?” sou iemand kon vra. Beslis nie! Ek is immers self ook 'n Israeliet, 'n afstammeling van Abraham, uit die stam Benjamin.
ROMEINE 11:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
EK vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.
ROMEINE 11:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
My volgende vraag sou wees: Dit beteken tog seker nie dat God sy volk, die Jode, verstoot het nie? Natuurlik nie! Ek is mos ook ’n Israeliet, uit die nageslag van Abraham, uit die stam van Benjamin.
ROMEINE 11:1 DB (Die Boodskap)
Het God Israel afgeskryf? Nee, glad nie. Ek self is die bewys dat dit nie waar is nie. Ek is immers ook ’n Israeliet, ’n lid van Abraham se nageslag, uit die stam van Benjamin.
ROMEINE 11:1 ABA (Bybel vir almal)
Iemand sal miskien vra: “Het God sy volk gelos?” Nee, nooit nie. Julle moet onthou, ek is ook 'n Israeliet, ek is van die nageslag van Abraham. Ek behoort aan die Benjamin-stam.
ROMEINE 11:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
My vraag is dan: “Het God dalk sy volk verstoot?” Hoegenaamd nie! Ek is tog ook 'n Israeliet, uit die nageslag van Abraham, uit die stam van Benjamin.
ROMEINE 11:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek sê dan: Het God sy volk verstoot? Die Here behoed. Want ek is ook 'n Israeliet, uit die nageslag van Abraham, uit die stam van Benjamin.