ROMEINE 10:18 – Vergelyk alle weergawes
ROMEINE 10:18 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar 'n mens sou kon vra: Het die Israeliete dan nie die prediking gehoor nie? Alte seker het hulle gehoor! Die Skrif sê: “Hulle prediking het oor die hele wêreld weerklink, hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.”
ROMEINE 10:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.
ROMEINE 10:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar wat nou van die Jode? Het hulle die boodskap dalk nie gehoor nie? Hulle het dit definitief gehoor: “Die boodskappers se stem het oor die hele wêreld uitgegaan; hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.”
ROMEINE 10:18 DB (Die Boodskap)
Nou vra ek: Het hulle nie al genoeg kanse gehad om na God se Woord te luister nie? Ja, natuurlik! Een van die psalms sê juis: “Die stem van God se boodskappers het wêreldwyd weerklink. Hulle woorde is tot in die verste uithoeke van die wêreld gehoor.”
ROMEINE 10:18 ABA (Bybel vir almal)
Ek vra: Het die Israeliete die boodskap gehoor? Ja, hulle hét dit gehoor, dit is seker, want in die Ou Testament is geskryf: Hulle boodskap het gekom by al die mense op die aarde, die dinge wat hulle sê, het gekom by al die mense van die wêreld.
ROMEINE 10:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek vra egter: “Het hulle dit dan nie gehoor nie?” Inderdaad, want: “Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan, en hulle woorde tot by die uithoeke van die bewoonde wêreld.”
ROMEINE 10:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ek sê: Het hulle nie gehoor nie? Ja, voorwaar, hulle geluid het oor die hele aarde gegaan en hulle woorde tot aan die eindes van die wêreld.