Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ROMEINE 10:16 – Vergelyk alle weergawes

ROMEINE 10:16 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Israeliete het egter nie almal aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja sê immers: “Here, wie het die prediking geglo wat ons gehoor het?”

ROMEINE 10:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja sê: Here, wie het ons prediking geglo?

ROMEINE 10:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar tog is dit nie elkeen wat die Goeie Nuus verwelkom nie. Jesaja vra tereg: “Here, wie het ons boodskap geglo?”

ROMEINE 10:16 DB (Die Boodskap)

Nie almal glo egter hierdie goeie nuus nie. Daarom het Jesaja op ’n dag gevra: “Here, wat help dit dat ons vir ander mense van U vertel? Hulle glo dit tog nie.”

ROMEINE 10:16 ABA (Bybel vir almal)

Maar die Israeliete het nie almal geglo nie. Daarom vra Jesaja: Here, wie het ons boodskap geglo?

ROMEINE 10:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?”

ROMEINE 10:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie. Want Jesaja sê: Here, wie het ons gerug geglo?