Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

ROMEINE 1:3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ROMEINE 1:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

en dit handel oor sy Seun. As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore

ROMEINE 1:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid

ROMEINE 1:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Dit gaan oor sy Seun, Jesus Christus. Wat sy menslikheid betref, is Hy uit die nageslag van Dawid gebore. Wat sy heilige Goddelikheid betref – sy opstanding uit die dood het kragdadig bevestig dat Hy die Seun van God is. Wat meer is, Hy is ook ons Here!

ROMEINE 1:3 DB (Die Boodskap)

Dit handel oor God se Seun, Jesus Christus. Hy is ons Here. Hy kom uit die nageslag van Dawid.

ROMEINE 1:3 ABA (Bybel vir almal)

die goeie boodskap oor sy Seun. Die Seun het mens geword, en Hy was van die nageslag van Dawid.

ROMEINE 1:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

aangaande sy Seun – wat na die liggaam uit die nageslag van Dawid gebore is

ROMEINE 1:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

aangaande sy Seun, Jesus Christus, onse Here, wat na die vlees gemaak is uit die geslag van Dawid