DIE OPENBARING 9:6
DIE OPENBARING 9:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.
DIE OPENBARING 9:6 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer dit gebeur, dan sal die mense wens dat hulle sterf, maar hulle sal nie sterf nie. Hulle sal wens dat hulle gou doodgaan, maar die dood sal nie kom nie.
DIE OPENBARING 9:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
In daardie tyd sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; hulle sal verlang om te sterwe, maar die dood sal hulle ontwyk.
DIE OPENBARING 9:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In daardie dae sal die mense na die dood verlang, maar dit nie vind nie; hulle sal begeer om te sterf, maar die dood sal hulle bly ontwyk.
DIE OPENBARING 9:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en sal begeer om te sterwe, en die dood sal van hulle wegvlug.