DIE OPENBARING 9:4
DIE OPENBARING 9:4 Bybel vir almal (ABA)
God het vir hulle gesê hulle mag nie die gras op die aarde vreet nie, ook nie enige iets wat groen is nie, ook nie die bome nie. Hulle mag net die mense seermaak wat nie God se merk op hulle voorkoppe het nie.
DIE OPENBARING 9:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.
DIE OPENBARING 9:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle is aangesê om nie die gras van die aarde, die plante en die bome kwaad aan te doen nie, maar net die mense wat nie die seël van God op hulle voorkoppe het nie.
DIE OPENBARING 9:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En hulle is aangesê om nie die gras van die aarde of enige plant of boom te beskadig nie, maar slegs daardie mense wat nie die seël van God op hulle voorkoppe het nie.
DIE OPENBARING 9:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is aan hulle beveel om nie die gras van die aarde of enige groen ding of enige boom te beskadig nie; maar net daardie manne wat nie die seël van God op hulle voorhoofde het nie.
DIE OPENBARING 9:4 Die Boodskap (DB)
Daar is mooi vir hulle gesê wat hulle moes doen. Die plante, bome en gras moes hulle met rus laat, maar die mense moes hulle tref, hoewel nie almal nie. Daardie mense wat die merk van God op hulle voorkop gehad het, was veilig, maar die mense sonder daardie merk moes deurloop.