DIE OPENBARING 7:14
DIE OPENBARING 7:14 Bybel vir almal (ABA)
Ek het vir hom gesê: “Meneer, jy weet wie hulle is.” Hy het vir my gesê: “Daardie mense het baie swaar gekry omdat hulle aan die Lam behoort. Hulle het hulle klere gewas in die bloed van die Lam. Toe het hulle klere wit geword.
DIE OPENBARING 7:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
DIE OPENBARING 7:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ek weet nie, Meneer,” sê ek vir hom, “maar ú weet.” Hy sê toe vir my: “Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam.
DIE OPENBARING 7:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het hom geantwoord: “Meneer, u is die een wat weet.” En hy het vir my gesê: “Dit is die mense wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle lang stolas gewas, en wit gemaak in die bloed van die Lam.
DIE OPENBARING 7:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het vir hom gesê: Meneer, u weet dit. En Hy sê vir my: Dit is hulle wat uit groot verdrukking gekom het en hulle klere gewas en wit gemaak het in die bloed van die Lam.
DIE OPENBARING 7:14 Die Boodskap (DB)
Ek sê toe: “Hoe sal ek nou weet, Meneer. U is mos die een wat sulke dinge weet.” Toe sê hy vir my: “Hierdie mense het baie swaargekry en is vreeslik vervolg. Maar hulle klere is nou weer mooi skoon gewas. Daar is nie ’n merkie of ’n vlekkie op nie, want hulle het dit in die bloed van die Lam gewas.