DIE OPENBARING 7:11
DIE OPENBARING 7:11 Bybel vir almal (ABA)
En al die engele het rondom God se troon en rondom die ouderlinge en rondom die vier diere gestaan. Die engele het gaan lê met hulle gesigte teen die grond en hulle het vir God aanbid.
DIE OPENBARING 7:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid
DIE OPENBARING 7:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al die engele het rondom die troon, die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan. Hulle het toe voor die troon gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid
DIE OPENBARING 7:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Al die engele het rondom die troon, en ook rondom die ouderlinge en die vier lewende wesens, gestaan. Hulle het toe op hulle gesigte neergeval voor die troon, en God aanbid
DIE OPENBARING 7:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En al die engele het rondom die troon en rondom die oudstes en die vier lewende wesens gestaan en op hulle aangesig voor die troon neergeval en God aanbid