DIE OPENBARING 4:5
DIE OPENBARING 4:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Van die troon se kant af het daar weerligstrale, rammelings en donderslae gekom. Reg voor die troon het sewe vlammende fakkels gebrand; dit is die sewe Geeste van God.
DIE OPENBARING 4:5 Bybel vir almal (ABA)
Daar het weerlig en donderweer van die troon gekom en dit het geraas. Sewe fakkels het voor die troon gebrand. Dit was die Sewe Geeste van God.
DIE OPENBARING 4:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand
DIE OPENBARING 4:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het weerligstrale, dreunings en donderslae van die troon af gekom. Vlak voor die troon het sewe fakkels helder gebrand. Dit is die sewe Geeste van God.
DIE OPENBARING 4:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vanuit die troon het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. En voor die troon het sewe vuurfakkels gebrand – die sewe Geeste van God.