DIE OPENBARING 4:10 - Compare All Versions
DIE OPENBARING 4:10 ABA (Bybel vir almal)
Elke maal wanneer hulle dit doen, dan het die 24 ouderlinge op die grond gaan lê voor die Persoon wat op die troon sit. Hulle het tot Hom gebid, tot Hom wat altyd lewe. Hulle het hulle krone voor sy troon neergesit en gesê
DIE OPENBARING 4:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê
DIE OPENBARING 4:10 AFR83 (Afrikaans 1983)
kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê
DIE OPENBARING 4:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
val die vier-en-twintig ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en ewig leef, en sit dan hulle krone voor die troon neer, terwyl hulle sê
DIE OPENBARING 4:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die vier-en-twintig ouderlinge val neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat vir ewig en altyd lewe, en hulle werp hulle krone voor die troon en sê
DIE OPENBARING 4:10 DB (Die Boodskap)
Wanneer die 24 leiers van die kerk dit hoor, val hulle uit eerbied voor God neer wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en altyd leef. Hulle sit die krone voor God neer om te wys dat Hy die enigste werklike heerser is. Dan sê hulle in ’n koor
DIE OPENBARING 4:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
val die 24 ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê