DIE OPENBARING 3:9
DIE OPENBARING 3:9 Bybel vir almal (ABA)
Daar is mense in julle stad wat sê hulle is Jode, maar hulle lieg, hulle is nie Jode nie. Hulle kom bymekaar in 'n sinagoge, maar dit is die sinagoge van die Satan. Ek sal hulle voor jou laat kniel soos 'n mens voor 'n koning kniel. Hulle sal dan weet dat Ek lief is vir jou.
DIE OPENBARING 3:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg — Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
DIE OPENBARING 3:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk, Ek beskik dat van die lede van die sinagoge van die Satan, die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar lieg – kyk, Ek sal maak dat hulle kom en voor julle kniel en erken dat Ek julle liefhet.
DIE OPENBARING 3:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, Ek laat toe dat daar mense uit die sinagoge van Satan kom wat beweer dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar lieg; kyk, Ek sal sorg dat hulle kom, en voor jou voete neerbuig, en erken dat Ek jou liefhet.
DIE OPENBARING 3:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, Ek maak hulle uit die sinagoge van Satan wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg; kyk, Ek sal hulle laat kom en voor u voete aanbid en weet dat Ek U liefgehad het.
DIE OPENBARING 3:9 Die Boodskap (DB)
Kyk! Daar is mos mense in julle dorp wat hulleself graag Jode noem en voorgee dat hulle deel is van God se mense. Maar waar kry jy hulle? Natuurlik, op die plek waar net die duiwel se mense bymekaarkom. Ek sal persoonlik sorg dat hierdie mense wat so baie van hulleself dink eendag voor julle sal moet kom staan. Daar voor julle sal hulle op hulle knieë moet val en laag moet buig. Een ding sal hulle dan deeglik besef: dat Ek aan julle kant is omdat Ek julle liefhet.