DIE OPENBARING 3:5
DIE OPENBARING 3:5 Bybel vir almal (ABA)
As jy oorwin en aanhou glo, dan sal jy ook wit klere kry om aan te trek. Ek sal jou naam nooit uitvee uit die boek van die lewe nie. Ja, Ek sal voor my Vader en sy engele sê dat jy aan My behoort.
DIE OPENBARING 3:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.
DIE OPENBARING 3:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.
DIE OPENBARING 3:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Wie oorwin, sal net so wit klere kry om aan te trek, en Ek sal sy naam nie uit die boekrol van die lewe skrap nie, maar voor my Vader en sy engele oor hom getuig.
DIE OPENBARING 3:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat oorwin, hy sal geklee word met wit klere; en Ek sal sy naam nie uitwis uit die boek van die lewe nie, maar Ek sal sy Naam bely voor my Vader en voor sy engele.
DIE OPENBARING 3:5 Die Boodskap (DB)
Wie nie as Christen moed verloor en opgee nie, sal sulke mooi, skoon, wit klere kry om aan te trek. Sy naam is met onuitwisbare ink in die boek van die lewe geskryf. Almal wat die ewige lewe het, se name staan daarin geskryf. En Ek sal mooi dinge van elkeen van hulle persoonlik vir God en sy engele vertel.