DIE OPENBARING 3:18
DIE OPENBARING 3:18 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil hê jy moet na My toe kom. Dan sal jy by My ware goud koop en jy sal waarlik ryk wees. Ek sal vir jou wit klere gee, en niemand sal jou kaal liggaam sien nie. Ek sal vir jou salf gee om aan jou oë te smeer sodat jy waarlik kan sien.
DIE OPENBARING 3:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
DIE OPENBARING 3:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom raai Ek julle aan om by My goud te koop wat deur vuur gelouter is, sodat julle ryk kan word; en koop wit klere, sodat julle julle kan aantrek en julle skande, julle naaktheid, nie gesien word nie; en koop oogsalf om aan julle oë te smeer, sodat julle kan sien.
DIE OPENBARING 3:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
raai Ek jou aan om by My goud te koop wat deur vuur gesuiwer is, sodat jy ryk kan wees; en wit klere, sodat jy jou kan aantrek, en die skaamte van jou naaktheid nie sigbaar word nie; en salf om aan jou oë te smeer, sodat jy kan sien.
DIE OPENBARING 3:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek raai jou aan om van My te koop goud wat in die vuur beproef is, sodat jy ryk kan word; en wit klere, sodat jy aangetrek kan word en die skande van jou naaktheid nie verskyn nie; en salf jou oë met oogsalf, dat jy kan sien.
DIE OPENBARING 3:18 Die Boodskap (DB)
Laat Ek julle goeie raad gee: kom koop geestelike goud by My en kom vind uit hoe dit voel om iets te hê wat regtig die moeite werd is. Kom kry by My behoorlike, geestelike klere en trek dit aan. Dan hoef julle nie meer uit verleentheid te probeer wegsteek dat julle eintlik geestelik kaal is nie. Ek het ook net die regte medisyne om op julle oë te sit sodat julle geestelik weer kan sien wat julle behoort te sien.
DIE OPENBARING 3:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek gee jou daarom die raad om by My goud te koop wat deur vuur gesuiwer is sodat jy ryk kan word; en koop vir jou wit klere om aan te trek sodat die skande van jou naaktheid nie algemeen sigbaar word nie; en koop ook oogsalf om aan jou oë te smeer sodat jy kan sien.