DIE OPENBARING 3:10-11
DIE OPENBARING 3:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gesê jy moet geduldig wees wanneer mense slegte dinge doen aan jou omdat jy aan My behoort, en jy was geduldig. Daarom sal Ek jou beskerm. Al die mense op die aarde sal baie swaar kry wanneer Ek hulle sal toets, maar Ek sal jou beskerm. Ek sal gou kom! Jy moet aanhou glo soos jy nou glo! Dan sal niemand jou kan keer nie, jy sal oorwin.
DIE OPENBARING 3:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
DIE OPENBARING 3:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie.
DIE OPENBARING 3:10-11 Die Boodskap (DB)
Ek het julle gevra om nie moed te verloor nie en julle het regtig vasgebyt tot die einde toe. God sal in ’n stadium elke mens op hierdie aarde toets. Daar gaan dinge gebeur wat swaar is. In hierdie baie moeilike tye kan elke gelowige maar weet: Ek sal na hom kyk! Ek kom een van die dae na julle toe.
DIE OPENBARING 3:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Omdat jy vasgehou het aan die getuienis van hoe Ek volhard het, sal Ek jou ook bewaar gedurende die tyd van hewige toetsing wat vir die hele bewoonde wêreld voorlê – daardie tyd wanneer al die bewoners van die aarde deeglik getoets word. Ek kom gou; hou vas wat jy het sodat niemand jou kroon wegneem nie.