DIE OPENBARING 22:3
DIE OPENBARING 22:3 Die Boodskap (DB)
God en die Lam se troon sal in die stad staan. Daar sal hulle regeer. Al sy mense wat aan Hom gehoorsaam is, sal Hom daar met groot oorgawe en respek dien.
DIE OPENBARING 22:3 Bybel vir almal (ABA)
God sal niemand en niks in die stad vervloek nie. En God en die Lam se troon sal in die stad wees, en God se dienaars sal Hom aanbid.
DIE OPENBARING 22:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.
DIE OPENBARING 22:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien.
DIE OPENBARING 22:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar sal geen vloek meer wees nie. Die troon van God en die Lam sal in die stad wees, en sy diensknegte sal Hom dien.