DIE OPENBARING 22:18
DIE OPENBARING 22:18 Bybel vir almal (ABA)
Die dinge wat moet gebeur, is in hierdie boek geskryf. Ek sê nou vir almal wat hierdie boek lees: “As iemand sê dat God dinge sal laat gebeur, en daardie dinge is nie in hierdie boek geskryf nie, dan sal God hom straf! God sal vir hom die strawwe gee wat in hierdie boek geskryf is!
DIE OPENBARING 22:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
DIE OPENBARING 22:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is
DIE OPENBARING 22:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek getuig teenoor elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boekrol hoor: “As iemand iets hieraan toevoeg, sal God die plae waarvan in hierdie boekrol geskryf is, aan hom toevoeg.
DIE OPENBARING 22:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ek getuig aan elke mens wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, sal God oor hom die plae byvoeg wat in hierdie boek geskrywe is.