DIE OPENBARING 22:1 - Compare All Versions

DIE OPENBARING 22:1 ABA (Bybel vir almal)

Toe het die engel vir my 'n rivier gewys. Die rivier was baie helder, soos kristal. In die rivier was water wat mense altyd laat lewe. Die rivier kom uit die troon van God en van die Lam.

DIE OPENBARING 22:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.

DIE OPENBARING 22:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit.

DIE OPENBARING 22:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe het die engel aan my 'n rivier met die water van die lewe gewys. Dit was helder soos kristal, en het gestroom uit die troon van God en die Lam.

DIE OPENBARING 22:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het my 'n suiwer rivier van water van die lewe getoon, helder soos kristal, wat uitvloei uit die troon van God en van die Lam.

DIE OPENBARING 22:1 DB (Die Boodskap)

Die engel wys toe ook vir my ’n rivier. Die water van die rivier was kristalhelder. Wie hierdie water drink, leef vir ewig. Toe ek mooi kyk, sien ek dat hierdie rivier uit die troon van God en die Lam stroom.

DIE OPENBARING 22:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe het die engel aan my die rivier met lewegewende water gewys. Dit is helder soos kristal en vloei vanaf die troon van God en van die Lam.