DIE OPENBARING 20:9
DIE OPENBARING 20:9 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het gekom om oorlog te maak. Daar was baie soldate, hulle was daar so ver soos 'n mens kan sien. Hulle het rondom die kamp van God se mense gegaan en ook rondom die stad van God. God was lief vir hierdie stad. God het vuur uit die hemel laat kom en die vuur het sy vyande doodgebrand.
DIE OPENBARING 20:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
DIE OPENBARING 20:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het oor die hele oppervlakte van die aarde aangekom en die laer van die gelowiges en die geliefde stad omsingel. Toe het daar vuur van die hemel af gekom en hulle verteer.
DIE OPENBARING 20:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het van oor die breedte van die aarde opgeruk, en die laer van die •heiliges en die geliefde stad omsingel. Toe het daar vuur uit die hemel neergedaal en hulle verteer.
DIE OPENBARING 20:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het opgetrek oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verteer.