DIE OPENBARING 20:8
DIE OPENBARING 20:8 Bybel vir almal (ABA)
Die Satan sal uitgaan om vir die mense van al die volke dinge te laat glo wat nie waar is nie. Hy sal die volke, die Gog en Magog, bymekaar laat kom by die vier hoeke van die aarde. Hulle sal so baie wees soos die sand van die see. Hy wil hê hulle moet oorlog maak teen God.
DIE OPENBARING 20:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.
DIE OPENBARING 20:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal hy gaan om die nasies wat tussen die vier uithoeke van die aarde is, die Gog en Magog, te verlei, en om hulle byeen te bring vir die oorlog. Hulle is so baie soos die sand van die see.
DIE OPENBARING 20:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan sal hy optrek om die nasies tussen die vier uithoeke van die aarde, die Gog en Magog, op 'n dwaalspoor te lei, en om hulle te mobiliseer vir die oorlog. Hulle getal is soos die sand van die see.
DIE OPENBARING 20:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sal uittrek om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, Gog en Magog, om hulle bymekaar te bring vir die oorlog; hulle getal is soos die sand van die see.