DIE OPENBARING 20:5 - Compare All Versions
DIE OPENBARING 20:5 ABA (Bybel vir almal)
Dit is die eerste opstanding. God het nie die ander mense wat dood is, weer laat lewe nie, Hy sal hulle laat lewe nadat die 1 000 jaar verby is.
DIE OPENBARING 20:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
DIE OPENBARING 20:5 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dit is die eerste opstanding. Die ander dooies het nie lewend geword voordat die duisend jaar om was nie.
DIE OPENBARING 20:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die oorblywende dooies het nie lewend geword voordat die duisend jaar verstryk het nie. Dit is die eerste opstanding.
DIE OPENBARING 20:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die res van die dooies het nie weer lewend gemaak voordat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
DIE OPENBARING 20:5 DB (Die Boodskap)
Dit is die eerste opstanding. Die res van die mense wat dood is, het eers na die 1 000 jaar lewendig geword.
DIE OPENBARING 20:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die oorblywende dooies het nie weer lewend geword voordat die 1 000 jaar om was nie. Dit is die eerste opstanding.