DIE OPENBARING 20:10
DIE OPENBARING 20:10 Bybel vir almal (ABA)
God het die duiwel in die see van vuur en swael gegooi, die duiwel wat die mense dinge laat glo wat nie waar is nie. Die duiwel was toe saam met die dier en die vals profeet in die see van vuur en swael. Daar sal hulle elke dag en elke nag brand en baie seer kry, vir altyd en altyd.
DIE OPENBARING 20:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
DIE OPENBARING 20:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi, daar waar die dier en die vals profeet ook is. Hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.