DIE OPENBARING 19:21
DIE OPENBARING 19:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die oorblywende mense is toe om die lewe gebring met die swaard wat uitgegaan het uit die mond van Hom wat op die perd sit. Al die voëls het hulle dik gevreet aan hulle vleis.
DIE OPENBARING 19:21 Bybel vir almal (ABA)
Die Persoon op die wit perd het die ander mense doodgemaak met die swaard wat uit sy mond gekom het. En die voëls het hulle lyke gevreet totdat hulle genoeg gehad het.
DIE OPENBARING 19:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.
DIE OPENBARING 19:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die ander mense is doodgemaak met die swaard wat uitgegaan het uit die mond van die Ruiter op die wit perd. Al die roofvoëls het hulle dik geëet aan die vleis.
DIE OPENBARING 19:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die res van die mense is doodgemaak met die swaard wat gekom het uit die mond van die Een wat op die perd sit. En al die voëls het hulle versadig gevreet aan hulle vleis.
DIE OPENBARING 19:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die oorblyfsel is gedood met die swaard van hom wat op die perd sit, en die swaard het uit sy mond uitgegaan, en al die voëls is versadig van hulle vlees.
DIE OPENBARING 19:21 Die Boodskap (DB)
Ek praat van al daardie mense wat die merk van die dier op hulle laat maak en wat sy standbeeld aanbid het. Hierdie twee diere is net so lewendig in die see van vlamme gegooi. Die tonge van vuur was met swael gemeng. Die res is afgemaai met die swaard wat uit die mond van die Ruiter kom. Al die voëls het gekom en op hulle vleis geaas.