DIE OPENBARING 19:17-18
DIE OPENBARING 19:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Toe sien ek 'n engel wat op die son staan. Hy het hard geroep en hy het vir al die voëls wat hoog in die lug vlieg, geskree: “Julle almal moet hiernatoe kom, want God sal vir julle baie kos gee om te eet! Julle mag die lyke van die konings eet, en die lyke van die generaals en die lyke van die belangrike mense, en die dooie perde en die lyke van die soldate wat op die perde gesit het. Ja, julle kan die lyke van al die mense eet, die lyke van die mense wat nie slawe is nie en die lyke van die mense wat slawe is, die lyke van die kinders en die lyke van die grootmense.”
DIE OPENBARING 19:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met 'n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God, dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
DIE OPENBARING 19:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek 'n engel by die son sien staan. Hy het met 'n harde stem uitgeroep en vir al die roofvoëls, wat hoog in die lug vlieg, gesê: “Kom, kom bymekaar vir die groot feesmaal wat God gereed maak! Kom eet die vleis van die konings, die vleis van die opperbevelhebbers, die vleis van die magtiges en die vleis van die perde en hulle ruiters, ja, die vleis van allerhande mense: vryes en slawe, klein en groot.”
DIE OPENBARING 19:17-18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En ek het een engel in die son sien staan. Hy het met 'n kragtige stem uitgeroep, en aan al die voëls wat hoog in die lug rondvlieg, gesê: “Kom hierheen, trek saam na die groot feesmaal van God, om die vleis van die konings en die vleis van die chiliarge te eet, die vleis van magtiges en die vleis van perde en hulle ruiters, die vleis van almal – vry mense sowel as slawe, geringes sowel as magtiges.”
DIE OPENBARING 19:17-18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek het 'n engel in die son sien staan; en hy het met 'n groot stem uitgeroep en aan al die voëls wat in die middel van die hemel vlieg, gesê: Kom en vergader julle na die maaltyd van die grote God; sodat julle die vlees van konings en die vlees van owerstes en die vlees van helde en die vlees van perde en van die wat daarop sit kan eet, en die vlees van alle mense, vrymense sowel as slawe, altwee klein en puik.
DIE OPENBARING 19:17-18 Die Boodskap (DB)
My oog val toe op ’n engel wat so helder soos die son is. Hy het oorverdowend hard geskree. Hy het al die voëls geroep wat tussen die bome en wolke rondvlieg: “Kom hier! Kom saam vir die groot ete wat God vir julle voorberei! Kom vier fees op die liggame van regeerders, soldate, mense wat eers baie invloed gehad het. Ja, kom vreet die vleis van ruiters en perde. Of dit nou slawe of vry mense is, klein of groot, kom hou fees op hulle liggame.”
DIE OPENBARING 19:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het ek ’n engel by die son sien staan. Hy het met ’n kragtige stem uitgeroep, en aan al die voëls wat in die middel van die hemel vlieg, gesê: “Kom, kom bymekaar vir die groot feesmaaltyd van God! Kom verslind die vleis van die konings en die vleis van die militêre aanvoerders, die vleis van die magtiges en die vleis van die perde en hulle ruiters, en ook die vleis van al die vry mense, slawe, klein en groot!”