DIE OPENBARING 17:6
DIE OPENBARING 17:6 Die Boodskap (DB)
Ek het mooi gekyk en gesien dat die vrou dronk was. Ja, sy was dronk van al die bloed van God se mense en die mense wat doodgemaak is omdat hulle Jesus Christus gedien het. My mond het oopgehang toe ek haar sien. Ek kon my oë nie glo nie!
DIE OPENBARING 17:6 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gesien dat die vrou dronk is, want sy het die bloed gedrink van die mense wat aan God behoort, die mense wat gesterf het omdat hulle in Jesus glo. Ek was baie verbaas toe ek die vrou sien.
DIE OPENBARING 17:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.
DIE OPENBARING 17:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
En ek het gesien dat die vrou dronk is van die bloed van die gelowiges, van die bloed van die mense wat vir Jesus getuig het. Toe ek haar sien, het ek my baie verwonder.
DIE OPENBARING 17:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het ook gesien dat die vrou dronk is van die bloed van die •heiliges, en van die bloed van die getuies van Jesus. Toe ek haar sien, was ek uitermate verbaas.