DIE OPENBARING 15:8
DIE OPENBARING 15:8 Bybel vir almal (ABA)
Die tempel het vol rook geword. Ja, God, die Sterk Koning, was daar! Niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe engele die sewe strawwe gebring het nie.
DIE OPENBARING 15:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.
DIE OPENBARING 15:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die tempel het vol rook geword vanweë die heerlikheid en die mag van God, en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele hulle einde bereik het nie.
DIE OPENBARING 15:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En die tempel is met rook gevul, vol van die heerlikheid van God en sy mag, en niemand kon by die tempel ingaan, totdat die sewe plae van die sewe engele verby was nie.
DIE OPENBARING 15:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die tempel is gevul met rook uit die heerlikheid van God en uit sy krag; en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele vervul was nie.