DIE OPENBARING 1:14-15
DIE OPENBARING 1:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vuurvlam, en sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.
DIE OPENBARING 1:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Sy kop en sy hare was so wit soos wol, so wit soos sneeu. Sy oë was soos 'n vuurvlam. Sy voete was soos blink koper wat in 'n oond gesmelt het. Sy stem was soos wanneer baie water raas.
DIE OPENBARING 1:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hare op sy kop was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë het soos vuur gevlam. Sy voete was soos geelkoper wat in 'n smeltoond gloei, en sy stem soos die gedruis van 'n groot watermassa.
DIE OPENBARING 1:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy kop en hare was so wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vlammende vuur. Sy voete was net soos gloeiende koper in 'n rooiwarm oond, en sy stem soos die gedruis van baie waterstrome.
DIE OPENBARING 1:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sy hoof en sy hare was wit soos wol, so wit soos sneeu; en sy oë was soos 'n vuurvlam; En sy voete soos fyn koper, asof hulle in 'n oond brand; en sy stem soos die geluid van baie waters.
DIE OPENBARING 1:14-15 Die Boodskap (DB)
Sy wysheid kon ’n mens sien aan sy spierwit hare. Dit was ook duidelik dat niemand iets vir daardie gloeiende oë kon wegsteek nie. Sy voete was soos warm geelkoper wat net uit die oond gekom het. Waar daardie voete trap, bly niks oor nie! Wanneer Hy praat, is dit oorverdowend, soos baie harde reën op ’n sinkdak. Mense se stem verdof eenvoudig.