DIE OPENBARING 1:11
DIE OPENBARING 1:11 Bybel vir almal (ABA)
Hy het gesê: “Ek sal vir jou dinge wys, en jy moet al daardie dinge in 'n boek skryf. Dan moet jy die boek vir die sewe gemeentes stuur, vir die gemeentes in die stede Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.”
DIE OPENBARING 1:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat sê: Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.
DIE OPENBARING 1:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
sê: “Skrywe wat jy sien in 'n boek op en stuur dit vir die sewe gemeentes: Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.”
DIE OPENBARING 1:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
wat sê: “Skryf wat jy sien in 'n boekrol op, en stuur dit aan die sewe •gemeentes: na Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.”
DIE OPENBARING 1:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en sê: Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste; en: Wat jy sien, skryf in 'n boek en stuur dit aan die sewe gemeentes wat in Asië is; tot by Efese en tot by Smirna en tot by Pergamos en tot by Thiatira en tot by Sardis en tot by Filadelfia en tot by Laodicéa.