PSALMS 91:6 - Compare All Versions

PSALMS 91:6 ABA (Bybel vir almal)

Jy moenie bang wees vir die pes wat in die donker kom nie, of vir die dinge wat in die dag alles verwoes nie.

PSALMS 91:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

PSALMS 91:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

vir pes wat in die donker toeslaan of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.

PSALMS 91:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

vir 'n pessiekte wat in die donker rondloop, vir die epidemie wat helder oordag verwoes nie.

PSALMS 91:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

ook nie vir die pes wat in duisternis wandel nie; ook nie vir die verwoesting wat op die middag verwoes nie.

PSALMS 91:6 DB (Die Boodskap)

Geen bose gees sal jou onverwags in besit neem nie. Nie eens ’n gevaarlike siekte wat jou van agter af bekruip, of ’n epidemie wat jou oorval, sal jou kwaad kan aandoen nie.

PSALMS 91:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

vir die plaag wat in die donker kom, of die ramp wat teen die middag verwoes nie.