PSALMS 91:13 - Compare All Versions

PSALMS 91:13 ABA (Bybel vir almal)

Jy sal leeus en slange doodtrap.

PSALMS 91:13 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.

PSALMS 91:13 AFR83 (Afrikaans 1983)

Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy doodtrap.

PSALMS 91:13 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Op leeus en horingslange sal jy trap, jong leeus en slange sal jy vertrap.

PSALMS 91:13 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Jy moet op die leeu en adder trap; die jong leeu en die draak moet jy vertrap.

PSALMS 91:13 DB (Die Boodskap)

Jy sal nie eens jou toon teen ’n klip stukkend stamp nie. Jy sal oor jou vyande loop. Van een ding kan jy baie seker wees: as jy op die Here vertrou en elke dag op sy hulp staatmaak, sal nie eens die grootste gevare in die lewe jou ooit onderkry nie. Met die Here se hulp sal jy elke moeilikheid wat jou oorkom te bowe kom. Jy sal bo dit alles uittroon.

PSALMS 91:13 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.