PSALMS 91:11-12
PSALMS 91:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Want die Here sal sy engele stuur om jou te beskerm oral waar jy gaan. Hulle sal jou dra, en jy sal nie jou toon teen 'n klip stamp nie.
PSALMS 91:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
PSALMS 91:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
PSALMS 91:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
want Hy sal sy engele oor jou opdrag gee om jou te beskerm op al jou paaie. Op die hande sal hulle jou dra, sodat jou voet nie teen 'n klip stamp nie.
PSALMS 91:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want Hy sal sy engele oor jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Hulle moet jou in hul hande dra, dat jy nie jou voet teen 'n klip stamp nie.