PSALMS 90:16-17 - Compare All Versions

PSALMS 90:16-17 AFR83 (Afrikaans 1983)

Laat u werk vir ons duidelik word en u grootheid vir ons kinders. Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.

PSALMS 90:16-17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders. En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!

PSALMS 90:16-17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Laat al u dienaars u werke sien, en hulle kinders u heerlikheid. En mag die Here ons God sy goedheid aan ons bewys, en die werk van ons hande bevestig. Ja, bevestig die werk van ons hande!

PSALMS 90:16-17 DB (Die Boodskap)

Laat almal wat U dien, raaksien wat U doen. Wys vir ons wat ’n vol en gelukkige lewe U gee, ook vir ons kinders. Ons bid dat die Here ons God vir ons baie goed sal wees. Maak al ons planne voorspoedig. Gee sukses op alles wat ons begin doen het.

PSALMS 90:16-17 ABA (Bybel vir almal)

U moet vir ons, u dienaars, wys wat U doen, U moet Koning wees, ook Koning van ons kinders. Here, ons God, U moet goed wees vir ons, U moet dit goed laat gaan met die dinge wat ons doen, ja, met al die dinge wat ons doen, U moet dit goed laat gaan met alles wat ons doen.

PSALMS 90:16-17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Mag u werk vir u diensknegte duidelik word, en u glansryke dade vir hulle kinders. Mag die goedheid van my Heer, ons God, oor ons wees. En ons handewerk, hou dit vir ons in stand, ja, ons handewerk, hou dit in stand.

PSALMS 90:16-17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Laat U werk aan U dienaars verskyn en U eer aan hulle kinders. En laat die skoonheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande op ons; ja, die werk van ons hande bevestig dit.