PSALMS 86:1-2
PSALMS 86:1-2 Bybel vir almal (ABA)
'n Gebed. Van Dawid. Here, U moet luister, U moet my antwoord, want ek kan myself nie help nie en ek het niks. U moet my lewe beskerm, want ek glo in U. U moet my, u dienaar, red, ek weet U sal. U is my God.
PSALMS 86:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'N GEBED van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig. Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.
PSALMS 86:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Gebed van Dawid. Luister tog na my, Here, verhoor my gebed, want ek is hulpeloos en arm. Beskerm my, want ek is u troue dienaar, red my, want U is my God, op U vertrou ek.
PSALMS 86:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Gebed. Van Dawid. HERE, draai u oor, antwoord my, want ek is magteloos en behoeftig. Beskerm my lewe, want ek is 'n getroue volgeling. Verlos u dienskneg wat op U vertrou; U is my God.
PSALMS 86:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Buig u oor, HERE, luister na my, want ek is arm en behoeftig. Bewaar my siel; want ek is heilig; o my God, verlos U kneg wat op U vertrou.