YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 85:9

PSALMS 85:9 Bybel vir almal (ABA)

Ek wil hoor wat God die Here sê, want Hy sal sê dat dit weer goed sal gaan met sy volk, met die mense wat in Hom glo. Maar hulle moenie weer dwase dinge doen nie.

Deel
Lees PSALMS 85

PSALMS 85:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!

Deel
Lees PSALMS 85

PSALMS 85:9 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ek wil luister na wat God die Here sê, want sy woord bring vrede vir sy volk, vir dié wat Hom getrou dien. Hulle moet net nie weer afdwaal nie.

Deel
Lees PSALMS 85

PSALMS 85:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Ek wil hoor wat God, die HERE, sê, want Hy praat oor vrede vir sy volk en sy getroue volgelinge. Hulle moet net nie terugkeer na dwaasheid nie.

Deel
Lees PSALMS 85

PSALMS 85:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Waarlik, sy heil is naby die wat Hom vrees; dat heerlikheid in ons land mag woon.

Deel
Lees PSALMS 85

PSALMS 85:9 Die Boodskap (DB)

Dit is ’n baie ernstige saak as God, die Here, praat. Wat Hy sê, bring vrede vir die mense wat dit doen. Maar daar is ’n voorwaarde: hulle moet net nie weer verkeerde dinge aanvang nie.

Deel
Lees PSALMS 85

PSALMS 85:9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ek sal luister na wat God die HERE sê. Hy belowe vrede aan sy volk en aan hulle wat getrou is. Laat hulle nie weer terugkeer na hulle dwase weë nie.

Deel
Lees PSALMS 85
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's