PSALMS 81:9-10 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
PSALMS 81:9-10 AFR83 (Afrikaans 1983)
Luister, my volk, Ek gee julle 'n opdrag. Israel, luister na My: ‘Daar mag vir julle geen ander god wees nie, julle mag voor geen vreemde god neerbuig nie.
PSALMS 81:9-10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister! Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor 'n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.
PSALMS 81:9-10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Luister, my volk, Ek wil julle waarsku. Israel, as julle maar net na My wou luister! Julle mag nie ’n ander god dien, of voor ’n vreemde god buig nie.
PSALMS 81:9-10 DB (Die Boodskap)
My kinders, luister asseblief na My. Hoor wat Ek sê. Ek gee julle ’n opdrag: ‘Moet nooit ander gode aanbid nie. Moenie voor vreemde gode neerbuig nie.
PSALMS 81:9-10 ABA (Bybel vir almal)
“My volk, julle moet luister wanneer Ek julle waarsku. Ek wens Israel wil luister na My. Julle moenie ander gode by julle hê nie, julle moenie buig vir die gode van ander volke nie.
PSALMS 81:9-10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Luister, my volk, Ek wil jou waarsku, Israel; as jy maar net na My sal luister: Daar mag by jou nie 'n vreemde god wees nie, jy mag nie voor 'n uitlandse god in aanbidding buig nie.
PSALMS 81:9-10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daar sal geen vreemde god in jou wees nie; en jy mag geen vreemde god aanbid nie. Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland uitgelei het; maak jou mond wyd oop, en Ek sal dit vul.