PSALMS 81:8
PSALMS 81:8 Bybel vir almal (ABA)
Julle het geskree toe dit sleg gegaan het met julle, en Ek het julle gered. 'n Donker wolk het My toegemaak, en Ek het gedoen wat julle gevra het. Ek het julle getoets by die Meriba-water. Sela
PSALMS 81:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.
PSALMS 81:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
In julle nood het julle geroep en Ek het julle gered; Ek het julle uit 'n donderwolk geantwoord, julle by die waters van Meriba op die proef gestel. Sela
PSALMS 81:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe daar nood was, het jy geroep, en Ek het jou uitgered. Ek het jou geantwoord uit die beskutting van die donderwolk; Ek het jou getoets by die water van Meriba. •Sela
PSALMS 81:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Luister, o my volk, en Ek sal vir jou getuig: o Israel, as jy na My luister