Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 80:5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 80:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Here, almagtige God, hoe lank nog sal U afsydig staan teenoor die gebed van u volk?

PSALMS 80:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

O HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?

PSALMS 80:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

HERE, God die Almagtige, hoe lank sal U kwaad bly ten spyte van u volk se gebede?

PSALMS 80:5 DB (Die Boodskap)

Here, groot God, U is die groot Bevelvoerder oor alles en almal. Hoe lank gaan U nog kwaad bly? U doen niks as u kinders by U hulp vra nie.

PSALMS 80:5 ABA (Bybel vir almal)

Here, God wat oor alles regeer, hoe lank sal U kwaad bly en nie luister wanneer u volk bid nie?

PSALMS 80:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

HERE, God, Heerser oor alle magte, hoe lank gaan u woede nog smeul teen die gebed van u volk?

PSALMS 80:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

U voed hulle met die brood van trane; en het hulle in groot mate trane laat drink.