Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

PSALMS 79:5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

PSALMS 79:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hoe lank sal dit nog aanhou, Here? Sal u toorn dan vir altyd duur, u woede soos 'n vuur bly brand?

PSALMS 79:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur?

PSALMS 79:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hoe lank nog, o HERE? Sal U vir altyd kwaad wees? Sal u jaloesie brand soos vuur?

PSALMS 79:5 DB (Die Boodskap)

Hoe lank gaan U nog u woede op ons laat afkom, Here? Gaan dit altyd aanhou? Dit bring baie pyn. Dit brand soos ’n vuur wat niemand kan doodkry nie.

PSALMS 79:5 ABA (Bybel vir almal)

Here, hoe lank moet dit aanhou? Wil U altyd kwaad bly vir ons? Moet dit aanhou om ons te brand soos 'n vuur?

PSALMS 79:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hoe lank nog, HERE? Gaan U vir ewig toornig bly; sal u heilige jaloesie soos 'n vuur bly brand?

PSALMS 79:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hoe lank, HERE? sal jy vir ewig toornig wees? sal jou ywer brand soos vuur?