YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

PSALMS 71:6

PSALMS 71:6 Bybel vir almal (ABA)

Vandat ek gebore is, was ek seker dat U my sal help. U was by my vandat ek uitgekom het uit my ma se liggaam. Ek wil aanhou om U te prys.

Deel
Lees PSALMS 71

PSALMS 71:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.

Deel
Lees PSALMS 71

PSALMS 71:6 Afrikaans 1983 (AFR83)

U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm. U loof ek gedurigdeur.

Deel
Lees PSALMS 71

PSALMS 71:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Op U steun ek van die moederskoot af; uit die ingewande van my moeder het U my losgeknip. U alleen loof ek deurentyd.

Deel
Lees PSALMS 71

PSALMS 71:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Deur U is ek opgehou van die moederskoot af; U is die een wat my uit die ingewande van my moeder geneem het; van U sal my lof gedurigdeur wees.

Deel
Lees PSALMS 71

PSALMS 71:6 Die Boodskap (DB)

Van my geboorte af is U ’n steunpilaar vir my. Van daardie eerste oomblik af dat ek met soveel moeite in die wêreld gekom het, het U my beskerm. Daarvoor sal ek U altyd prys.

Deel
Lees PSALMS 71

PSALMS 71:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

U is my hulp vanaf geboorte; reeds voor geboorte het U vir my gesorg. Dis waarom ek U gedurig prys.

Deel
Lees PSALMS 71
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2026 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's